Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples neem wraak in derby

Peoples neem wraak in derby
 
2008-11-20


YOUNG PEOPLES het uiteindelik die spook verjaag in hul Derby-stryd teen Paarl, toe hule Saterdag, na drie seisoene, aan die wenkant was.

Dit was werklik soete wraak nadat die eerste span met sewe paaltjies geseëvier het.

Op ’n volgepakte Parys-veld het die tuisspan die loot gewen en eerste gekolf. Dié besluit het egter nie so goed uitgewerk nie, aangesien Paarl gesteier het op 35/4. Al vier kolwers was uitgehardloop danksy goeie boul- en veldwerk deur Peoples. Paarl kon nooit herstel nie en het uiteindelik geëindig op ’n skamele 130, almal uit, na 41 boulbeurte.

Vir Paarl het hul kaptein, Utallyn Erentzen (40*, 5x4) moedig probeer. Lynal Jansen (26, 3x4) en Alfredo Adams (24, 5x4) het ook hard geveg om die telling meer aansien te gee.

Aan die ander kant het Peoples se boulers regtig goed geboul, met Peter-John de Villiers (1/14 in 9bb), Jarier Alexander (3/28 in 9bb) en Edwin Jacobs (2/26 in 5bb) aan die spits.

Peoples se kolfbeurt het ook rampspoedig begin toe hulle 2 paaltjies verloor het vir slegs 14 lopies.

Peoples se kaptein, Edwin Jacobs (21, 1x4), en die Protea- en Cobra speler, Justin Ontong (89*, 7x4 en 2x6), het egter sake kom regstel met ’n skitterende vennootskap van 70 lopies.

Dit was veral Ontong wat die boulers van Paarl behoorlik laat les opsê het. Hy het die wenlopies reeds in die 33ste boulbeurt behaal en sodoende ’n bonuspunt vir Peoples ingepalm.

Peoples se tweede span het self met 7 paaltjies geseëvier teen Paarl II.

Paarl het ’n goeie 180/9 behaal na 45 boulbeurte, danksy prag-beurte deur Courtley Pharoah (75, 5x4 en 2x6) en Kurt Martin (31, 3x4 en 1x6).

Wayne Jacobs (4/40 in 7bb) het goeie boulwerk vir Peoples gelewer.

Peoples het ’n goeie begin gehad met die kolf toe Linsey Davy (18, 3x4) en James de Wet (13, 2x4) die platform gedek het vir Lorenzo Jacobs (40*, 5x4) en Melvyn Jackson (96*, 9x4 en 5x6) om die Tiere te laat seëvier (181/3 na slegs 35 boulbeurte).

Dit was egter Jackson wat die Paarl-boulers behoorlik laat bontstaan het. Sy 96 lopies het van slegs 59 balle gekom.

Peoples III het Sondag vir Spes Bona in Kraaifontein, in die Pro 20 semi-finaal, met 8 paaltjies getroef.

Spes Bona kon slegs 86/8 in hul toegelate 20 boulbeurte behaal danksy goeie veld- en boulwerk deur die jong Tiere. Gaiwin Fourie (2/7 in 4bb) het fantasties geboul, maar die man wat verwoesting gesaai het, was Lee-John Julies (3/5 in 3bb).

Peoples het gaan kolf en stadig begin (24/2 na 8bb), maar het later die teiken van 87/2 behaal na slegs 16 boulbeurte. Chester Kuiler (35*, 5x4) en Keenan Pick (30*, 2x4 en 1x6) was op hul stukke.

Peoples III speel op Sondag 30 November 2008 in die Pro-20 finaal teen Oostelikes op Boland Park.

Dié Saterdag speel Peoples I tuis teen Paarl-Oos I. Peoples II speel weg teen Paarl-Oos II en Peoples III speel tuis teen Paarl- Oos III.

Die wedstryde teen Wellington wat Sondag sou plaasvind het verskuif na Saterdag 13 Desember.

Peoples III speel steeds Sondag teen Paarl III op Daljosafat in die 50- boulbeurt kompetisie.

Peoples hou Vrydag 28 November ’n hoender- en wors-braai met slaaie teen R30, aan huis van Richard Davids (Bonapartelaan 25, Klein Parys). Kontak 082- 566-3055.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za