Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onwettige drank se dae getel

Onwettige drank se dae getel
 
2008-11-20

Lise Beyers

DUISENDE rande se drank is die afgelope naweek van die strate afgehaal, in twee afsonderlike optredes deur die polisie.

In Groenheuwel is ’n klopjag uitgevoer by Santanastraat, waar ’n onwettige sjebeen bedryf is.

Paarl-Oos polisie het beslag gelê op 1755 liter wyn, 2031 liter bier en 46,5 liter hardehout.

Die eienaar van die woning, Dan Leholo, is in hegtenis geneem vir onwettige handel in drank.

Leholo het al vantevore met die gereg gebots oor die onwettige verkoop van drank, en byna twee jaar gelede is daar beslag gelê op sy huis in Barbara Close, ook Groenheuwel, waarvandaan hy die berugte sjebeen Klein Bongi’s bedryf het. Die huis is deur die staatopgeveil.

In Groot Drakenstein is nog ’n bekende handelaar van onwettige drank in hegtenis geneem.

Die polisie het hier toegeslaan op ’n stoor agter Simondium Lodge, waar ’n man wat bekend staan as Bronnie al ’n geruime tyd lank sy onwettige besigheid bedryf.

Daar is op byna ’n duisend kiste bier beslag gelê.

Kapt May-Louise Dyers, stasiebevelvoerder van Groot Drakenstein polisiestasie, het gesê dat drank vanuit hierdie smokkelhuis dwarsoor die gebied versprei is.

“Nadat ons Vrydagaand hier toegeslaan het, was daar so te sê geen misdaad in dié gebied vir die naweek nie.”

En dit is juis misdaad wat toegeskryf word aan hierdie onwettige drankhandel.

Veral oor naweke vind daar talle onwettige bedrywighede plaas wat direk verband hou met sulke handelshuise.

Behalwe moorde en aanrandings, word vrouens en kinders ook hierdeur geraak deur molestering en mishandeling.

Maar hopelik sal dit in die nabye toekoms behoorlik hokgeslaan word, met die nuwe Wes-Kaap- se Drankwet wat net wag op die handtekening van premier Lynne Brown.

Wanneer die nuwe wet bekragtig word, sal plaaslike regering groter seggenskap hê oor talle aspekte van dranklisensies.

Hulle sal dus ook die ligging van drankwinkels kan bepaal, asook hul handelsure. Hierdie selfde maatreëls sal geld vir alle ander plekke waar drank verkoop word.

Alle ongelisensieerde handelaars soos sjebeens sal gesluit word, of hulle nog wag op hul lisensies of nie.

Enige sjebeen waar misdaad en bendebedrywighede plaasvind, sal eerste in die regering se visier wees.

Maar talle lede van die gemeenskap is ongelukkig oor ’n wysiging in die nuwe wet wat drankwinkels toelaat om sewe dae ’n week handel te dryf, vanaf 09:00 tot 18:00. Dit beteken dat drank op Sondae verkoop mag word, maar plaaslike munisipaliteite sal wel die reg hê om Sondag-drankverkope in sekere gebiede te verbied.

Geen oop drank mag ook hoegenaamd in ’n motor vervoer word nie.

As drank gekoop word, sal dit agter in die kattebak gebêre moet word.

Met die Munisipaliteit wat groter seggenskap sal hê oor die verkoop van drank, kan die gemeenskap ook hierby betrokke wees, deur hul raadslede bewus te maak van gebiede wat erg geraak word deur die verkoop van drank.

* Two local shebeens were closed down this past weekend, and more closures are sure to follow when the new Liqour Act comes into operation.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za