Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krag lol by Mall

Krag lol by Mall
 
2008-11-20

Lise Beyers

’n BRAND wat Vrydagnag ’n substasie van die Paarl Mall beskadig het, het die helfte van die winkelkompleks sedert Saterdag in donkerte gedompel. Dit het egter nie verhoed dat besigheid die afgelope week voortgaan nie.

Die brand het kort ná middernag Vrydag in een van die Mall se twee substasies ontstaan, waarskynlik weens ’n kortsluiting. ’n Alarm is geaktiveer by die Munisipaliteit en die brandweer is dadelik na die toneel, maar die skade aan die substasie was reeds gedoen.

Die kragtoevoer aan die noordekant van die Mall, vanaf Pick n Pay tot by Mr Price, was afgesny. Drie van die ondernemings, Dischem, Pick n Pay en Spur, beskik wel oor eie kragopwekkers, en kon voortgaan om sake te doen.

Maar die kleiner winkels en eetplekke moes noodgedwonge hul deure vir die publiek sluit, en na skatting het derduisende rande se omset verlore gegaan.

Die wiele het egter Maandagoggend vinnig begin draai, met ander winkels wat tydelike kragopwekkers geïnstalleer het.

Lisa de Boer, bestuurder van Paarl Mall, het gesê dat dit ’n baie ongelukkige voorval is wat nie voorspel kon word nie.

“In geen stadium was die Mall self in gevaar nie. Maar dit het getoon hoe goed ons huurders saamwerk - almal het mekaar bygestaan en gehelp.

“Ons het ook vir die huurders toegelaat om ’n sypaadjie-verkoping te hou, want die beligting in die winkels is steeds swak. Die krapopwekkers help basies net om elektroniese toerusting aan die gang te hou.”

Sy het bygevoeg dat die Mall tans besig is om ’n reuse-kragopwekker te installeer wat vir al die huurders van krag sal voorsien indien kragonderbrekings ontstaan.

“Daar sal wel ’n klein heffing op hul maandelikse kragrekening hiervoor wees, maar aangesien Eskom weer dreig met beurtkrag, sal dit in die langtermyn die moeite werd wees.”

Die Mall se kragtoevoer behoort teen môre ten volle herstel te wees.

Talle vrae word gevra oor die hoeveelheid brande wat vanjaar plaaslike besighede beskadig het.

Polarama is vroeër vanjaar letterlik tot op die grond in puin gelê deur ’n brand, en so ook 7-Eleven verlede week. Die Paarl Landdroshof is ook erg beskadig deur ’n brand, asook verskeie ander klein besighede in Drakenstein.

’n Plaaslike elektrisiën bevraagteken die kragtoevoer wat ontvang word.

“Die Eskom kragtoevoer wissel gereeld, en dit kan dan kortsluitings veroorsaak in elektriese toerusting.”

* It was business as usual this week, after a fire at a sub-station at Paarl Mall caught alight.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za