* DIS nie die sjebeen nie, dis hoe jy dit handel - los die sjebeens uit - wyn is tog wettig, dis nie drugs
* Hoekom gee hulle nie lisensies aan smokkelaars en betrek hulle by die belastingstelsel nie?
* Moenie meer wyne maak nie - probleem opgelos, minder crime. As jy nie dit kan doen nie, los die wynsmokkelaars uit, dis hul brood en botter
* In Lantanastraat reg oorkant Bougainvillea-woonstelle is ook ’n smokkelhuis wat tot laataande en naweke drank verkoop - lê hom ook lam asb.
* Sjebeenbaas Dan Leholo moet naweke by Paarl Hospitaal diens doen. Hy sal daar die drankverkope se gevolge aanskou. Paarliet.
* Die polisie maak ’n sjebeen toe in Simondium - dis mooi, maar waar moet ons mense gaan vir gerief. Hier is 700 huise en nie eens ’n winkel nie.
* Ek was self een van die mense in Mollstraat wat die motorfietsongeluk gehoor het asook gesien het. Die motorfietsryer was beslis aangeklam. Die storie dat hy op sy motorfiets geklim het om hospitaal toe te ry vir hulp moet met ’n knippie sout geneem word - die polisie was binne minute op die toneel om te help.
* Ek stem saam met “Wange”, Mollstraat is besig om in ’n hoofstraat te verander! Hare van Mollstraat
* I concur! Drakenstein Municipality should make use of recruitment agencies. Almost impossible to get an interview!