Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geraas pla erg

Geraas pla erg
 
2008-11-27


ONS in Benjaminstraat, Weltevrede, het nog altyd lekker gebly in ons fraaie straatjie.

Die meeste van ons hou ons huise en erwe netjies en is trots op waar ons woon.

Maar onlangs het dit veral oor naweke in ’n nagklub verander. Party mense neem hul hoëtroustelle selfs na buite en hou makietie heel nag lank met klipharde musiek wat die hele buurt wakker hou.

Hulle kuier sommer dan in die middel van die straat en drink en gebruik lelike taal terwyl baie kinders in die woonbuurt is.

Dan los hulle hul gemors sommer net so in die straat.

Ons het al baie gekla by die polisie, maar die musiek duur voort tot ver ná middernag.

En boonop is daar baie van ons wat naweke vroeg in die oggend by die werk moet wees, maar ons word deur hierdie rumoer wakker gehou.

Is daar nie veronderstel om wetgewing te wees oor geraas in woonbuurte nie?

Waar is die wetgewers om vir ons hierteen te beskerm, of hou hulle dalk saam makietie?

Kan diegene wat hulle hieraan skuldig maak, nie asseblief dink aan hul bure nie, en liewerste gebruik maak van wettige kuierplekke in die dorp nie?

Kannieslapie




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za