Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ouers is onverantwoordelik

Ouers is onverantwoordelik
 
2008-11-27


IN ’n onlangse artikel in een van ons land se bekendste gesinstydskrifte was ek geskok om te lees van die vierjarige seuntjie wat in ’n ongeluk betrokke was met sy vierwielmotorfiets asook dié van twee ander seuns wat oorlede is in ’n soortgelyke ongeluk.

Verlede Maandag (17 November) ry ek om iemand te besoek in Joepatstraat, Sonstraal, Paarl.

’n Seun van ongeveer ses jaar oud op ’n donkerblou vierwielmotorfiets ry in die straat sonder om eers regs of links te kyk by die stopteken.

Waar is sy valhelm?

Die pa of ma is nie in sig nie en ek dink terug aan ’n ongeluk ’n jaar gelede op dieselfde plek.

Maandag 24 November om 17:15 bestuur ek weer in Joepatstraat, Sontraal, en dié keer kry ek twee agt- tot negejarige dogters op ’n groen vierwielmotorfiets sonder valhelms.

Ouers, kyk asseblief na julle kinders. Openbare paaie is nie geskik vir vierwielmotorfietse nie.

Dit is ’n lekker speelding, maar dit kan julle kinders ernstig beseer.

Bekommerde motoris




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za