Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jammer vir ongerief met water

Jammer vir ongerief met water
 
2008-11-27


DIE Drakenstein Munisipaliteit wil sy waardering uitspreek vir die geduld wat waterverbruikers teen die hang van Paarlberg aan die dag gelê het, nadat hulle ’n groot gedeelte van die afgelope naweek sonder water moes klaarkom, of waterdrukprobleme ondervind het.

’n Pyp het in die vroeë oggendure van Saterdag gebars, wat ’n verbinding na die aangrensende stormwaterstelsel veroorsaak het.

Gevolglik was daar geen water op die padoppervlakte sigbaar nie.

Die fout is na ’n lang soektog Sondagoggend op die hoek van Hoof- en Bo-Pleinstraat gevind.

Die watertoevoer was die namiddag weer terug na normaal.

Anthony Sauls

Munisipale woordvoerder




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za