Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Violets laat wiel teen Whistling Wheels

Violets laat wiel teen Whistling Wheels
 
2005-07-28


DIE eerste span van Violets het Saterdag op Daljosafat Stadion vriend en vyand verras toe hulle vir Whistling Wheels 34-14 geklop het.

Die tuisspan het vanuit die staanspoor sy stempel op die wedstryd afgedruk.

Violets se voorspelers het balbesit in al die vaste fasette van die spel verseker insluitende vyf vaskoppe in die skrums.

Danksy die goeie persentasie besit het die Violets-agterlyn genoeg kans gehad om die bal wyd te speel.

Konwill Dennis, Adrian Berg, Sydney America en Gustro Garby (2) het drieë gedruk.

Malvern Pieters was suksesvol met drie doelskoppe en ’n strafskop.

Die tweede span wen 17-3 en die derde span verloor 25-0.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za