Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toekenning vir opleiding

Toekenning vir opleiding
 
2008-11-27


DIE gesogte Baobab-toekenning wat deur die “foodbevseta” vir die beste presteerders in die voedsel- en drankbedryf’ toegeken is, is deur Intercept Consulting and Training Solutions ingepalm.

Die toekenning het op 30 Oktober tydens ’n luisterryke funksie by Sun City plaasgevind.

Intercept Consulting and Training het die toekenning hoofsaaklik ontvang op grond van die feit dat al 63 leerders wat ingeskryf is vir ’n skolingskursus in 2007, suksesvol, en onder hulle leiding, die internasionaal-er­kende National Certificate in Wine Processing, NQF3, verwerf het.

Deelnemende maatskappye het onder andere landgoedere ingesluit soos Vergelegen, Lourensford, Backberg, Simonsig, Kanonkop, Blaauwklippen, Delheim, The Company of Wine People.

Intercept was verantwoordelik vir al die administrasie, aansoeke en bestuur van die opleiding, wat sonder enige koste aan die maatskappye verskaf is.

Leerders wat hierdie kwalifikasie verwerf het, was hoofsaaklik werksaam as kelderasssistente in wynkelders. Wynlandgoedere het ook werklose leerders die geleenteid gebied om deel te kon hê aan dié opleiding.

Delheim, The Co. of Wine People en Delaire was drie van die landgoedere wat ook Boabab-toekennings ontvang het vir hulle aandeel in werkskepping vir werklose persone.

Die drie top-presteerders in 2007, was Lukas Grootboon van Vergenoegd, Simon Zeeman van Muratie en Noeleen Zimba van Backsberg.

Die opleidingsprogram was ten volle deur Foodbev en Agriseta befonds. Deelnemende maatskapye het ook in aanmerking gekom vir ’n belastingvoordeel vir elke leerder wat deel gehad het aan die leerderskap.

Die volgende Wine Processing Leerderskapsprogram sal in Mei begin. Maatskappye wat belang stel om deel te neem, kan Elmé Lloyd by elmel@intercept.co.za, 082-950-2131 of www.intercept.co.za kontak vir verdere besonderhede.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za