Drie vermoor
2008-11-27
DRIE mense het die afgelope week gewelddadig gesterf in die vallei. In Chicago, Paarl-Oos, is ’n vrou Sondag in hegtenis geneem, nadat haar man met ’n mes doodgesteek is. Arend Pietersen (47) en sy vrou Johanna (47) het na bewering kort na middernag in ’n argument betrokke geraak, waartydens Arend met ’n mes gesteek is. * Dieselfde aand het ’n man in Paarl Hospitaal gesterf, nadat hy vroeër die dag in Abrahamstraat, Smartietown, met ’n mes aangeval is. Volgens ’n polisiewoordvoerder, het Snel Jantjies en Riaan Pietersen oor R10 gestry. Jantjies is met ’n mes gesteek en is na Paarl Hospitaal geneem, waar hy later dood is. Riaan Pietersen is in hegtenis geneem op ’n aanklag van moord. * ’n Man van Mbekweni is ook dood, nadat hy met ’n mes gesteek is. Die voorval het Saterdagmiddag in Mira Tavern in C-blok plaasgevind, na ’n argument tussen twee mans. Wandile Kupiso is twee keer in die rug gesteek en het later in Paarl Hospitaal gesterf. Die polisie is steeds op soek na die verdagte. Enigiemand met inligting kan vir insp Selma Bredenhann skakel by 021-868-9901. * Three people were stabbed to death this past weekend.
More
News
|