Driejarige verkrag
2008-11-27
OP die vooraand van die 16 Dae van Aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders, is ’n driejarige meisie verkrag. Die jong kind is Saterdagaand omstreeks 19:00 deur ’n man na publieke toilette by Siyahlala, naby Fairyland, gelok. Sy is in die toilet ingedwing en verkrag. ’n Jong man (21) is in hegtenis geneem in verband met die verkragting. Die kind is in die hospitaal opgeneem. Dinsdag het die jaarlikse aktivisme-beweging teen geweld teen vroue en kinders weer begin. Die fokus is om meer bewustheid te genereer oor die negatiewe impak wat geweld teen vrouens en kinders op die hele gemeenskap het. ’n Woordvoerder van Sosiale Dienste het gesê dat hierdie probleem swaar op hul skouers weeg, want die meeste van hul gevalle is juis vroue en kinders. “Drank speel hier ’n groot rol en vrouens en kinders ly erg hierdeur. Mishandeling, verkragting en verwaarlosing van beide is voor in die koor en ons het ons hande vol.” Die polisie sê dat hierdie kommerwekkende situasie ’n geval is van sosio-ekonomiese omstandighede, en dit baie moeilik is vir die polisie om altyd teenwoordig te wees, veral in private wonings waar misdade teen vrouens en kinders meestal plaasvind. * A three-year-old toddler has been raped on the eve of 16 Days of Activism against violence against women and children.
More
News
|