Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekendes sing by Liggiefees

Bekendes sing by Liggiefees
 
2008-11-27


DIE Paarlse Liggiesfees, aangebied deur Drakenstein Munisipaliteit, spog vanjaar met verskeie bekendes op die verhoog.

Vrydagaand 5 Desember skop die fees om 19:00 af met ’n modevertoning. Daarna tree verskeie sang- en dansgroepe op, totdat die liggies aangeskakel word deur die burgemeester, Charmaine Manuel, om 21:00.

Die hoogtepunt van die aand is die optrede van die sanger Loyiso Bala om 21:15.

Saterdagaand se ster is Brandon October, wat om 21:15 sal optree.

Verskeie pryse kan tydens altwee aande gewen word.

Lady Greystraat in die Paarl asook sekere dele van aangrensende strate, sal vanaf 17:15 tot 23:30 gesluit word op Vrydag 5 Desember en Saterdag 6 Desember.

Besighede moet hul eie veiligheidspersoneel aanstel wat verantwoordelik is vir sekuriteit sou dit oop wees vir besigheid tydens die Liggiesfees.

Besighede is ook verantwoordelik vir hulle eie versekering.

Besighede mag slegs ’n stalletjie bedryf indien daar vir die stalletjie betaal is (kontak 021-872-4842). Geen stalletjies mag vanaf die sypaadjie bedryf word nie.

Mense wat toegangkaartjies vir voertuie benodig, moet vir Ganief Dalvey skakel by 021-872-9799 of 082-844-9847.

* Die ster van die Saron Liggies­fees op Vrydagaand 12 Desember is die sanger Nazneem, wat ook Saterdagaand 13 Desember op Gouda optree.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za