Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlse kunstalent uitgestal by Erfenissentrum

Paarlse kunstalent uitgestal by Erfenissentrum
 
2008-11-27


DIE Nanette Ranger Kunsateljee hou hierdie week hul agtste jaarlikse uitstalling. Dit word vanjaar aangebied in die Erfenissentrum by De Poort in Turkstraat, Paarl-Suid.

Die openingsaand is 27 November om 19:00 en soos elke jaar belowe dit om ’n jolige aand te wees waar oud en jonk kuns- tig saam kan verkeer.

“Ek is baie opgewonde oor die geleentheid wat die bestuur ons bied om in die pragtige gebou uit te stal, alhoewel dit nog nie amptelik geopen is nie.

“Die publiek sal nie net my studente se kuns kan geniet nie, maar sal ook ’n voorsmakie kry van sommige van die oudhede wat in die toekoms hier ten toon gestel sal wees.

Daar is ’n sterk tematiese verbintenis.

“Die kuns wat ons nou skep, vorm deel van die erfenis van die toekoms, net soos die kreatiewe en praktiese handewerk van die verlede deel van die huidige erfenis vorm,” sê Nanette.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za