Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Watergraf

Watergraf
 
2008-11-27

Lise Beyers

DIE somer het skaars aangebreek of nog ’n jongmens het ’n slagoffer van ’n waterdood geword.

’n Groep jeugdiges het verlede Donderdagmiddag uit die versengende hitte van die dag probeer ontsnap, en gaan swem in ’n plaasdam naby die Huguenot-tolhek.

Twee seuns het oor die dam probeer swem, maar een, Clive Cornelius (16), van Amstellhof, het halfpad in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn.

Teen die tyd dat die ander jeugdiges besef het dat daar fout was, was dit te laat.

Die polisie is ontbied, en duikers het laatmiddag Cornelius se lewelose liggaam ten aanskoue van sy makkers uit die water gehaal.

Hierdie tyd van die jaar raak ’n nagmerrie vir polisieduikers. Byna elke naweek is daar ’n verdrinking in die Boland.

’n Polisiewoordvoerder het gesê dat aangesien die somer nou hier is, moet mense bewus gemaak word van die gevare van swem in riviere en damme.

“Moet nooit alleen gaan swem nie en maak seker dat daar reddingsapparaat byderhand is.

“Moet onder geen omstandighede in die water gaan as jy nie kan swem nie. Kinders moet slegs onder volwasse toesig gaan swem.

“Moet ook nie drank gebruik as jy gaan swem nie - die twee meng nie goed saam nie. Dikwels word daar ná iemand se dood in die water vasgestel dat hulle onder die invloed van drank was.”

Plaaslike sweminstrukteur, Nazli Gaidien, wat al jare reeds haarself toewy aan waterveiligheid, beaam hierdie waarskuwings.

“My doelwit is om soveel kinders moontlik bewus te maak van waterveiligheid en sodoende verdrinkings te voorkom.”

Gaidien se waterveiligheidsklasse vind plaas by die Paarl-Oos swembad. Vir meer inligting, skakel haar by 073-184-9627.

* A teenager has drowned in a farm dam.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za