Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sokkerspan lyk reg voor derby

Sokkerspan lyk reg voor derby
 
2005-07-28


DIE o.19A sokkerspan van Bergrivier Sekondêr is in goeie vorm nadat hulle Saterdag vir Weltevrede Sekondêr 3-1 geklop het.

Met dié oorwinning het Bergrivier deurgedring na die tweede ronde van die Mr Price toernooi wat deur die Mitchells Plain Industriële
Ontwikkelingstrust aangebied word.

Die wedstryd wat op die Strandfontein sportvelde beslis is, is gekenmerk deur die goeie spel van Gerchwin Fielies (middelagterspeler) wat dan ook as speler van die wedstryd aangewys is.

Bronwin Cornelissen (twee strafskoppe) en Monolicho Williams het Bergrivier se doele aangeteken.

Osrick Douw het vir Weltevrede die bal in die net gesit.

Die wedstryd was ’n goeie oefenlopie vir die twee skole se jaarlikse derbystryd wat op Vrydag 12 Augustus op Pelikaanpark beslis word.
Die wedstryde begin om 11:00 en toegang is R5.

Alle oudstudente wat belang stel om in die oud-studente wedstryd te speel, moet vir A Cavernelis skakel by 083-447-0309 of by die skool 873-5742.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za