Kindersorg hou optog teen geweld
2008-11-27
KINDERSORG Paarl het onlangs vrywilligers opgelei wat as beraders teen Gesinsgeweld sal optree. Hulle hou Saterdag ’n optog tot steun van die 16 Dae van Aktivisme teen Gesinsgeweld. Die optog begin om 08:30 by Sonop Primêre Skool en eindig 11:00 by Drakenstein Biblioteek waar daar vermaaklikheid aangebied sal word. Kindersorg wil almal uitnooi om deel te neem aan die optog. Vir navrae, kontak Megan Isaacs by 021-862-6182 of 078-508-0794.
More
News
|