Boland wys dogters o.19 krieketspan aan
2008-11-27
DIE Boland o.19 dogters-krieketspan is op 7 November, tydens die Pettefunksie by Bolandpark, aangekondig. Dié span gaan van 9 tot 13 Desember deelneem aan die interprovinsiale kriekettoernooi in Kwazulu-Natal. Plaaslike spelers wat dié span gehaal het, is Lauren Esterhuyse (kaptein, Bridge House), Ronel Pentz (Paarl Gim), Moseline Daniels (New Orleans), Stacey Lackay (Lückhoff Sekondêr), Lerato Maffa (Fransch- hoek Hoër) en Nicole le Feur (Bridge House). Lauren (openingskolwer) en Mozaline (openingsbouler) is ook gekies vir die SA o.19-span.
More
News
|