Gesellige kosfees
2008-11-27
DIE Wellington Moslem-gemeenskap hou ’n Summer Treat kosfees met ’n minimallemeule en vermaak op die skoolterrein van St Albans Primêre Skool op Saterdag 20 Desember vanaf 09:00. Daar sal heerlike eetgoed wees, met worsrolletjies, slapchips, mixed grill, vrug- teslaai, samoosas, pastei en potjiekos. Daar sal ook heelwat stalletjies met speletjies, juweliersware en snuisterye wees. Sekuriteit sal oral sigbaar wees met genoegsame parkering vir voertuie. Toegang is R5 en R2 vir kinders met gratis toegang vir pensionarisse en gestremdes. Vir die huur van stalletjies en meer inligting, skakel Faizel Arnold by 082- 591-0210 of Moosa Douman by 083- 992-3684.
More
News
|