Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong Paarlse ballerina styg uit

Jong Paarlse ballerina styg uit
 
2008-11-27


DIE Paarlvallei het ’n blink dans-ster op die horison.

Natasha Hess, van Bianca’s Balletskool, het so pas haar Intermediêre Eksamen in ballet met lof geslaag.

Hiermee het hierdie graad 10 leerder van La Rochelle Hoërskool gekwalifiseer om saam met ses ander Wes-Kaapse ballerinas vir die top ballerina-toekenning mee te ding.

Tydens die kompetisie wat in Oktober in Kaapstad plaasgevind het, het sy tweede geëindig.

Natasha dans al vanaf ’n jong ouderdom. Sy blink jaar na jaar uit in beide die ballet en moderne dans eksamens.

Sy was ook deel van ’n groep leerders wat in Junie vanjaar na Italië was om ’n Cecchetti Ballet Somerskool te gaan bywoon.

Nie net is sy ’n kranige danser nie, maar sy blink ook uit op die sportveld en in sangkompetisies.

Sy het vanjaar tydens die jaarlikse Paarlvallei Eisteddfod ’n trofee vir beste solosang verwerf. Tydens dieselfde geleentheid verower sy ook die beker vir die beste balletsolo in haar ouderdomsgroep asook vier ander trofeë.

Daar lê voorwaar ’n rooskleurige toekoms vir haar voor.

Sy beplan om na matriek haar dansloopbaan voort te sit.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za