Lauren word vereer
2008-11-27
LAUREN ESTERHUYSE is tydens die onlangse Pettefunksie by Bolandpark vereer vir haar puik krieketprestasies deur die jaar. Maxwell Jordaan van Krieket Suid-Afrika het toekennings aan haar oorhandig vir haar insluiting in die SA o.18 dogters-krieketspan asook die na- sionale dogters o.18 wenners vir 2008 (sy is die kaptein van die span). Lauren het ook toekennings ontvang in die vroue-afdeling vir nasionale vrouewenners 2008 en CSAWC Super 6 wenners 2008. Sy is die eerste dogterspeler om dié prestasie te behaal in albei afdelings.
More
News
|