Lady Hawk kom teen bestes te staan
2008-11-27
DIE Paarlse vrouesokkerspan, Lady Hawk United, het na afloop van vanjaar se Boland Safa-sokkerliga gekwalifiseer om volgende seisoen in die Vodacom-vroueliga te speel. Die span wat in 2001 gestig is met die doel om vrouesokker in die Drakenstein-omgewing te bevorder, het vierde uit sestien spanne geëindig in die Safa-liga. Safa het dus vir vrouesokker in die Boland ’n geleentheid gebied om hul talente op ’n hoër vlak ten toon te stel. Die ander spanne wat gekwalifiseer het vir die Vodacom-liga, is Glen Eagles van Stellenbosch, Simone van Worcester en Maties (Universiteit van Stellenbosch). Lady Hawk klop al ’n ruk lank aan die deur om teen sterker kompetisie te staan te kom. In 2006 het die span deelgeneem in die Mayoral Cup sokkertoernooi waar hulle tweede geëindig het. In 2007 het Lady Hawk nog ’n trappie hoër geklim deur die Mayoral Cup se vrouebeker te verower. Tydens vanjaar se toernooi het Lady Hawk al hul wedstryde gewen, tot en met die finaal toe hulle net-net, teen Paarl Ladies, met 0-1 vasgeval het. Lady Hawk het egter sterk kompetisie baasgeraak in hul aanloop tot die finale van die toernooi. Lady Hawk het byvoorbeeld in die semi-fi- naal, teen Paarl Ladies, in die doelskiet-uit- klop met 4-3 geseëvier, na die spanne gelykop geëindig het na ekstra tyd (2-2). Lady Hawk beoog om Paarl trots te maak in die Vodacom liga. Volgens Lady Hawk se president, Gideon Krotze, is sy span “dankbaar vir al die ondersteuning, veral die bydrae wat Maawyah Moerat (munisipale sportkoördineerder) gemaak het tot Drakenstein se sokkersukses.
More
News
|