Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples se derdes is terug op die wenpad

Peoples se derdes is terug op die wenpad
 
2008-11-27


YOUNG PEOPLES se derde span het Sondag opgemaak vir Peoples se power vertonings oor die naweek toe hulle met Paarl, op Daljosafat, afgereken het.

Peoples het eerste gekolf en 245/6 behaal in 50bb, danksy ’n fantastiese beurt deur James de Wet (78*, 7x4). Hy was goed bygestaan deur Junaid Cassiem (23, 3x4), Ronaldo Fortuin (27, 3x4) en Sam Titus (22 3x4 1x6).

Paarl het ’n goeie begin gehad deur Danie Kraynauw (48, 5x4) en Clint Brockman (33, 4x4 en 1x6), maar Peoples het skitterend teruggeveg om Paarl te beperk tot 218/9 in 50bb.

Randall Arendse (4/49 in 10bb), Werner Cupido (2/29 in 10bb) en Lester Julius (2/30 in 7bb) het fantasties geboul.

Peoples I speel Saterdag weg teen Worcester terwyl die tweede span ’n loslootjie het.

Die derde span se wedstryd teen Northdene is uitgestel tot 10 Januarie. Peoples III kom teen Oostelikes te staan in die finaal van die Pro-20 kompetisie, maar die datum sal eers later bekend gemaak word.

Die klub hou Vrydag ’n hoender- en wors- braai met slaaie by Richard Davids, te Bonapartelaan 25 (Klein Parys) om 17:00 (R30).

Kontak Jeff Adams by 082-566-3055 vir verdere inligting.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za