Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier troef Paarl

Bergrivier troef Paarl
 
2008-11-27


DIE eerste krieketspan van Bergrivier het Saterdag op hul tuisveld verras toe hulle Paarl Krieketklub met vyf lopies geklop het.

Die tuisspan het die loot gewen en besluit om, in gunstige boulomstandighede, eerste te boul.

Paarl was vroeg in die moeilikheid met die telling op 4/60 na 25 beurte. Die twee ervare kolwers L Walters (55) en L Jansen (51) het Paarl se telling egter geneem tot 173/8.

C Abrahams was Bergrivier se beste bouler met 4/29. Hy is goed ondersteun deur L Alexander (3/33).

Bergrivier het hul beurt goed begin met al hul top kolwers wat bydraes gelewer het.

Dit was egter die kaptein, M Albanie, wat die oog gevang het met sy vernietigende kolfwerk. Met sy 68 (9x4 en 2x6) het Albanie die wind uit Paarl se seile geslaan.

R Mouton het die laaste spyker in Paarl se doodkis kom slaan met 34 lopies (4x4 en 2x6).

Op die Parysvelde het dit nie so goed gegaan met die tweede span van Bergrivier nie toe die span almal uitgehaal is vir 137 lopies.

A Jordaan was die enigste kolwer van Bergrivier wat kon weerstand bied met 45 lopies.

Vir Paarl het A Gualam (3/5 in twee beurte) en David Gabriels (3/20) die beste gevaar met die bal.

Paarl se openingskolwers, E Jansen (58) en C Pharo (58), het goed gevaar deur ’n vennootskap van 113 lopies te behaal.

Sondag se wedstryd tussen Bergrivier en Vredenburg Saldanha was vir die tuisspan ’n bitter pil om te sluk. Bergrivier het daarin geslaag om die besoekers uit te haal vir slegs 135.

Met Bergrivier se telling op 30/1, was die tuisspan stewig oppad om ’n oorwinning te behaal. Bergrivier het egter met reëlmaat paaltjies begin verloor en met die telling op 48/5 het Bergrivier se kanse al skraler gelyk.

Bergrivier was uiteindelik uitgeboul vir 111, met E Louw (3/23) en S Summers (2/16) die beste boulers.

Bergrivier se tweede span het vasgeval teen Vredenburg met 142 lopies.

Aanstaande Saterdag speel Bergrivier I weg teen Malmesbury. Bergrivier II speel tuis.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za