Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Puik naweek vir Paarl-Oos

Puik naweek vir Paarl-Oos
 
2008-11-27


GMT Paarl-Oos se krieketspanne het ’n puik naweek beleef deur in al sy betrokke wedstryde die oorwinningspyp te rook.

Paarl-Oos se eerstespan-oor- winning oor Young Peoples, op Daljosafat, was die klub se hoogtepunt van die naweek, maar Paarl- Oos se derdes het amper die eerstes se oomblik van glorie gesteel deur vir die eerste keer in baie jare koning te kraai oor Peoples III.

Die eerstespan-wedstryd het hordes toeskouers gelok na die veld op Daljosafat.

Met Peoples wat eerste gaan kolf het, het Paarl-Oos se Garth Fortuin (2/21), Waylin September (3/27) en Zynodien Fredericks (3/24) goed geboul om hul opponente te beperk tot 157 lopies.

Paarl-Oos het hul manne ingestuur om die lopies te haal, en het uiteindelik in hul taak geslaag deur met vier paaltjies te wen.

Garth Lewis (28, 4x4), Waylin September (25, 1x4), Jack Daniels (25, 1x4) en Hubert Ontong (27, 4x4) het die wenlopies behaal.

In ’n tuiswedstryd het Paarl-Oos II ook koning gekraai, teen die tweede span manne van Peoples.

Peoples het eerste gekolf en 90 lopies behaal. Wade Adams (2/21) en Justin Williams (2/25) was Paarl-Oos se beste boulers.

Paarl-Oos se Lucian Andrews (38, 4x4) en Justin Williams (20, 1x4) was die beste kolwers in die wenspan se aanslag om die wenlopies in te palm. Paarl-Oos het uiteindelik met 3 paaltjies gewen.

Die grootste besprekingspunt in Paarl-Oos III se oorwinning oor Peoples III, met 22 lopies, was die 11- jarige Kegan Petersen se 51-lopies en 4 paaltjies (vir 36 lopies). Dié jong speler behoort nog diep spore te trap in Suid-Afrikaanse krieket.

Paarl-Oos III het 200 lopies behaal vir 10 paaltjies, met Petersen, Bjorn Hollenbach (63, 6x4 en 1x6) en Roderick Allies (48, 5x4 en 2x6) wat vir groot tellings gesorg het.

Saam met Petersen het Wilmid Wellemse (2/13) ook goed geboul.

Young Peoples kon uiteindelik nie die totaal haal nie en teken 178 lopies aan vir 8 paaltjies.

Eerskomende Saterdag speel Paarl-Oos I weg, teen Wellington, en Paarl-Oos II speel tuis, te Allandale, teen Wellington II.

Paarl-Oos hou Saterdag kosverkope te Allandale (13:00), asook ’n karaoke by New Orleans se klubhuis vanaf 19:30. Toegang is R10




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za