Kersliedere by kerslig
2008-11-27
DIE Wellington NG Moedergemeente en die Andrew Murray Kinderhuis bied Kersliedere by kerslig aan op Donderdag 27 November om 19:00 by die Kinderhuis, ten bate van ProCare/Norsa. ProCare/Norsa bedryf ’n huis vir vroue met krisis-swangerskappe. Daar word huisvesting aan die vroue gebied, rekenaaropleiding word aan hulle verskaf en hulle ontvang die liefde en ondersteuning wat hulle nodig het. Norsa het veral ’n behoefte aan kos, groente en toiletware om aan die vroue te verskaf. Bring piekniekmandjies, komberse en kerse. Toegang is gratis, maar ’n kollekte ten bate van ProCare/Norsa sal opgeneem word.
More
News
|