Idol sing in Kerkstraat
2008-11-27
DIE Pop Idol Jodi Williams tree Vrydagaand van 21:15 op by die Liggiesfees in Kerkstraat, Wellington, net nadat die liggies deur burgemeester Charmaine Manuel aangeskakel is. Die straat sluit omstreeks 17:00, en die verrigtinge begin om 19:00 met ’n modevertoning. Daarna tree ’n verskeidenheid sang- en dansgroepe op. Die aand se vertonings eindig om 23:00. Die straatsluitings is by die hoek van Jan van Riebeeckstraat en Kerkstraat asook aan die onderpunt van Kerkstraat (net voor Masonic Sentrum), Prinsstraat (albei punte), Roosstraat (albei punte), hoek van Fontein- en Kerkstraat en hoek van Fontein- en Kortstraat.
More
News
|