Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Alles rus op Valke-stryd

Alles rus op Valke-stryd
 
2005-07-28


DIE Boland Kavaliers pak volgende naweek die Valke in hul laaste eerste ronde Curriebeker-wedstryd.

As sake uitspeel soos hy verwag, gaan dié stryd ’n eindstryd in die kleine wees, sê die Boland-afrigter, Hawies Fourie.

“Dit gaan ’n taaie wees. As die Valke dié naweek die Arende klop, wat ek glo hulle sal doen, kan ons wedstryd teen die Valke bepaal wie die laaste span is wat na die Top Agt kompetisie van die Curriebeker deurdring,” het Fourie vandeesweek gesê.

Die Kavaliers, met 11 punte, lê tans in die vierde posisie in Afdeling X.
Met die Bulle (20), Leeus (20) en Haaie (19) wat reeds hul plekke in die Top Agt bespreek het, is dit Boland, OP en die Valke wat nog om die vierde plek meeding.

As die Valke die naweek ’n bonuspunt-sege oor die SWD Arende (wat tot dusver nie ’n enkele punt kon insamel nie) behaal, en die Sharks verhoed dat die OP ook dié naweek nie ’n verdere punt kry nie, word die Kavaliers se stryd in Brakpan allerbelangrik.

Die Kavaliers het Vrydag op Wellington die Arende 56-20 vernietig.
Die tuisspan het in die proses agt drieë gedruk, met die senter Piet van Zyl wat ’n driekuns behaal het.

“Ek was tevrede met die eerste helfte se spel. In die tweede helfte het ons egter te veel foute gemaak. Ons intensiteit was te laag en ons het dit reggekry om onsself te frustreer.

“Ons moet leer om vir die volle 80 minute met intensiteit te speel.

“’n Ander probleem is dat wanneer ons ’n span onder druk het, ons geneig is om dit nie deur te voer nie, en só teenstanders ’n kans gee om weer terug te kom in die wedstryd,” het Fourie oor sy span se vertoning gesê.

Die Kavaliers het dan ook vandeesweek vir Nicky Smit (slot) en Jacques Schutte (losskakel) gegroet wat onderskeidelik vir klubs in Frankryk en Italië gaan speel.

Met die losskakel, Solly Goosen, nog steeds op die krukkelys, moes Fourie weer planne beraam rondom dié belangrike posisie.

Hy het bevestig dat hy die Kavaliers se staatmaker-heelagter, Antonius Verhoeven, as generaal sal inspan pleks van die ander moontlikheid, Patrick Petersen.

“Tone val die voordeellyn beter aan, hy speel heelwat vlakker as Patrick.

“Patrick het weer ’n beter skopvoet. Met die Valke wat hou van skop, hoop ons sy skopvoet op heelagter kan ons uit die moeilikheid help.”

Ligte beserings aan Charl Blom (lies), Kobus le Roux (dyspier) en David de Villiers (skouer) het verhoed dat die spelers vandeesweek oefen.

Fourie was egter vol vertroue dat hulle weer fiks sal wees vir die wedstryd teen die Valke.

Henk Eksteen sal Smit se plek as slot inneem, terwyl Enrico Swartz weer op vleuel sal plek maak vir Rayno Benjamin, wat terugkeer nadat hy vir die SA Sewesbokke in Duitsland in aksie was.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za