Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie skiet jong aanvaller

Polisie skiet jong aanvaller
 
2008-12-04


’n JONG man van Saron is die afgelope naweek doodgeskiet toe hy ’n polisiebeampte met ’n mes probeer steek het.

Die voorval het Sondag om 01:30 in Minnaarstraat, Saron, plaasgevind, nadat polisie ’n klagte ontvang het oor ’n persoon wat oproerig in die straat was.

Met hul aankoms by die toneel, het ’n messwaaiende jong man polisiebeamptes bestorm.

Een van die offisiere het sy vuurwapen uitgehaal en ’n skoot afgeskiet.

Winston Erasmus (18) is in die been getref. Hy is na Tygerberg Hospitaal geneem, maar is later daar dood.

Die koeël het vermoedelik die slagaar in sy been afgeskiet.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat ’n geregtelike ondersoek nou geloods sal word na die voorval.

* A young man was shot dead by a police officer in Saron, after the deceased allegedly tried to stab him.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za