Hansie en Grietjie op die planke in die Meul
2008-12-04
DIE kinderproduksie 'Hansie en Grietjie' word Saterdag om 10:00 by die Ou Meulteater opgevoer. Hansie en Grietjie word gevang deur die Lolliepop-heks wat diep in die donker bos woon. Sy voer vir Hansie lekker vet met rys, vleis en pampoen, en o ja, moenie die gekleurde spaghetti vergeet nie! Sy voer hom vet, want sy wil graag mensboudbredie van hom maak. Gaan sy dit reg kry om hom te kook in haar warm vuur, of gaan Grietjie te slim wees vir haar? Hierdie opwindende storie van Hansie en Grietjie sal die gehoor laat skater en skreeu van pure genot. Kom deel gerus in die opwindende, nuwe produksie van die Loud Lemon teatergroep by die Ou Meulteater. Voorwaar ‘n soet sensasie wat julle nie kan mis nie! Kaartjies kos R30. Om teleurstelling te voorkom is besprekings noodsaaklik by Vicky Stemmet by 083564-0056.
More
News
|