Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kriekettoerusting kry voete

Kriekettoerusting kry voete
 
2008-12-04


DIEWE het die afgelope naweek duisende rande se sporttoerusting gesteel.

Saterdagnag is Merwe Genis wakker gebel, met die nuus dat daar ’n inbraak was by sy krieketwinkel by Hoër Jongenskool.

Met sy aankoms op die perseel was sy winkel in chaos gedompel.

“Verskeie ruite is gebreek om toegang tot die winkel te kry. Toe hulle nie híér regkom nie, het hulle om die gebou gegaan en ’n ruit by my kantoor gebreek.

“Die diefwering is uit die vensterrame geskop om toegang te kry tot die gebou. Daarna het hulle ’n sekuriteitshek oopgedwing na die winkelgedeelte van die gebou, en eenvoudig Adeur afgeskop.”

Die diewe het verskeie pare krieketskoene geneem, asook Kookaburra kolwe.

Teen hierdie tyd is die dief-alarm geaktiveer, maar hulle het steeds hul weg gevind na die nuwe oudstudentelokaal, waar hulle die drankkabinet begin leegmaak het.

Hulle is op hierdie stadium oënskynlik verwilder, en is weg sonder om die drank saam te vat.

“Die diewe het presies geweet waarvoor hulle soek en wat hulle doen. Die polisie het gesê dat dit duidelik is dat hulle voorheen betrokke was by inbrake.”

Enigiemand wat die polisie kan help met hul ondersoek kan konst Christopher Klaasen skakel by 021­807-4000.

* Cricket equipment was stolen out of the sports shop at Paarl Boys High, during a burglary this past weekend.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za