Rekenaar binne ure gevind
2008-12-04
DIE skoolhoof van Hugenote Laerskool, Henry Schemper, is duidelik verlig, nadat die flink optrede van Wellington polisiebeamptes gelei het tot die terugbesorging van sy gesteelde skootrekenaar. Tydens 地 inbraak by hierdie skool op 11 November, is Schemper se rekenaar, waar- op baie waardevolle inligting gestoor is, gesteel. Skoolbeamptes het die volgende oggend eers die inbraak ontdek. Die polisie is onmiddellik ontbied en binne tien minute was hulle op die toneel. Dit was ongeveer 07:25 die oggend. Die polisie het inderhaas alle leidrade gevolg, asook hul informante ondervra oor diegene wat onwettige skootrekenaars verkoop. Teen 12:00 het Schemper 地 oproep ontvang om na die polisiestasie te kom. Met sy aankoms daar was hy heel verras toe hy deur insp Eugene Munnik in kennis gestel is dat hulle die inbrekers aangekeer het en dat sy skootrekenaar teruggekry is. En boonop was die rekenaar steeds in 地 perfekte werkende toestand. Die spoor wat die polisie gevolg het, het gelei na 地 Ghanese man wat volgens inligting bekend is daarvoor dat hy gesteelde goedere aankoop in Wellington. Die verdagte van die inbraak, na bewering 地 jong blanke man, word steeds gesoek. * The stolen laptop of a school principal in Wellington, was retrieved only hours after the theft was reported to the police.
More
News
|