Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fabrieksperseel herontwikkel

Fabrieksperseel herontwikkel
 
2008-12-04


p>

’n Aansoek is ingedien deur Nuplan Africa om die perseel van 6,8 hektaar wes van die R44 onder te verdeel vir residensiële gebruik met 23 eenhede per hektaar.

Altesame 35 nuwe dubbelverdieping­dorps­huise word beoog, terwyl die bestaande geboue in deeltitel-woonsteleenhede omskep gaan word.

Daarby kom winkels, ’n restaurant, kantore, ’n konferensielokaal en hotel asook spreekkamers, ’n dagkliniek en ’n veeldoelige saal. Besware, indien enige, moet die munisipale bestuurder teen Maandag 29 Desember bereik.

* Die R1 miljard Levendal ontwikkeling langs die Bergrivier tussen die Paarl en Simondium is onlangs voorwaardelik goedgekeur deur die Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning.

Die ontwikkeling deur Power Developments behels die herontwikkeling van sowat 14 plase op die westeroewer van die Bergrivier vir behuisingsprojekte, met behoud van die landbou-gebruik van die grond, asook die bou van ’n dorpie vir plaaswerkers suid van De Zoete Inval. ’n Appèlperiode verstryk op 24 Desember. Vir navrae, kontak Belinda Gebhardt van SRK, by tel 021-659-3060.

* Goedkeuring vir die Two Rivers landgoed- ontwikkeling langs die Bergrivier in Groot Drakenstein is ook onlangs verkry van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning.

Dit behels die ontwikkeling van die plase Jericho en Weltevrede by die samevloeiing van die Wemmershoek- en Bergrivier vir behuising en landbou, met ’n klein gholfbaan. Toegang is uit die R45.

Die appèlperiode verstryk ook op 24 Desember. Vir navrae, kontak Lindsay Speirs van Doug Jeffery omgewingskonsultante by 875-5275, faks 875 5515 of dougjeff@iafrica.com.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za