Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Abrahams-moord bly steeds ’n raaisel

Abrahams-moord bly steeds ’n raaisel
 
2008-12-04


DIE raaisel om die gru-moord van bekende Paarl-Oos sakeman, Frederick Abrahams (78), is steeds nie opgelos nie.

Abrahams se liggaam is op 10 November deur sy seun, Adré, in sy huis in Klein Drakensteinweg ontdek.

Die bejaarde man is vasgebind en verwurg, voordat die skuldige met ’n groot hoeveelheid kontant ontsnap het.

Daar was geen teken van ’n gedwonge toegang tot die Abrahams-woning nie, en die vermoede bestaan dat hy sy deur vir iemand wat hy geken het, oopgemaak het.

Abrahams was tien dae voor sy dood die slagoffer van ’n gewapende roof, ook by sy huis. Abrahams het die naweek voor sy moord eers teruggetrek na sy huis, en was druk besig om die woning te beveilig.

Die saak is intussen oorgeplaas na die georganiseerde misdaadtak van die polisie in Kaapstad.

Enigiemand wat inligting het wat die polisie kan help, kan die Paarl-Oos speurtak skakel by 021-877-5913.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za