Liggiesfees begin môre
2008-12-04
DIE Paarlse Liggiesfees, aangebied deur Drakenstein Munisipaliteit, skop Vrydagaand af. Die liggies word om 21:00 aangeskakel deur die burgemeester, Charmaine Manuel, om 21:00. Verskeie sang- en dansgroepe sal optree. Die hoogtepunt van die aand is die optrede van die sanger Loyiso Bala om 21:15. Saterdagaand se ster is Brandon October, wat om 21:15 sal optree. Lady Greystraat in die Paarl asook sekere dele van aangrensende strate, sal vanaf 17:15 tot 23:30 gesluit word op Vrydag 5 Desember en Saterdag 6 Desember. Mense wat toegangkaartjies vir voertuie benodig, moet vir Ganief Dulvey skakel by 021872-9799 of 082-844-9847. * Die ster van die Saron Liggiesfees op Vrydagaand 12 Desember is die sanger Nazneem, wat ook Saterdagaand 13 Desember op Gouda optree.
More
News
|