Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hondjies kan siek word

Hondjies kan siek word
 
2008-12-04


DIS weer somer en talle jong hondjies is geneig om nou siek te word en te ontwater in die warm weer as gevolg van die parvovirus wat die ronde doen.

Parvovirus-infeksie, ook algemeen bekend as “katgriep”, is ’n siekte van honde wat die dermkanaal affekteer. Dit veroorsaak vomering, diarree, koors en ’n verminderde vermoë om infeksie te beveg. Inenting van jong hondjies is noodsaaklik.

Volgens ’n woordvoerder van die Wellington Dierehospitaal is veral jong Dobermans en Rottweilers vatbaar daarvoor. Die meeste ouer honde is immuun as gevolg van entings of gereelde blootstelling jaarliks aan die virus.

Orale inname van besmette materiaal dra die virus oor na vatbare honde. Dit kan tot ses maande in die dermkanaal oorleef.

Dit is onmoontlik om die virus in besmette grond te vernietig sonder om al die plantegroei ook te vernietig. Vir binnenshuise fasiliteite word deeglike was en spoel van vloeroppervlaktes aanbeveel, gevolg deur ’n chloried bleikmiddel (vermy vel- en oogkontak met dié oplossing).

Besmette hondjies wys simptome vanaf 4 tot 14 dae na blootstelling. Die aanvanklike simptome is lusteloosheid, verlies aan aptyt en koors. Vomering en bloederige diarree ontwikkel ’n dag of twee daarna.

Die simptome ontwikkel vinnig tot ontwatering en dood in erg besmette hondjies. Jong hondjies van 6 tot 8 weke ouderdom het die hoogste sterftesyfer.

Die vatbaarheid van die hondjie vir Parvovirus word bepaal deur die aantal teenliggaampies in die bloed. ’n Ingeënte ma sal teenliggaampies aan die kleintjies oordra in die melk, en dit kan beskerming bied vir die eerste 6-9 weke.

Daarna moet die kleintjies hul eie immuniteit opbou en hiervoor is entings noodsaaklik.

Ongelukkig is daar tans geen antivirale behandeling beskikbaar nie. Behandeling van honde met Parvo hang af van hoe erg die hondjie besmet is.

Ligte infeksie kan behandel word met goeie tuisversorging, maar erge infeksies veroorsaak ontwatering en intraveneuse vloeistof is noodsaaklik weens die verlies van vloeistof deur vomisie en diarree.

Daarmee saam vernietig die virus die voeringselle van die dermkanaal, wat bakteriële toegang tot die bloedstroom gee. Hiervoor is antibiotika noodsaaklik.

Verder vernietig die virus ook die beenmurg, wat verantwoordelik is vir die onderhoud van die immuunsisteem en kan honde doodgaan ten spyte van intensiewe behandeling met vloeistof en antibiotika.

Die enigste voorkoming van Parvovirus in honde is deur middel van entings. Entings by hondjies moet begin word op 6, 9 en 12 weke ouderdom.

Om blootstelling te voorkom moet die hondjies weggehou word van ander honde tot twee weke na die enting. Entings word daarna jaarliks herhaal om langdurige immuniteit te verseker.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za