Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sterrekyk-piekniek op Paarlberg

Sterrekyk-piekniek op Paarlberg
 
2008-12-04


KOM beskou die sterrehemel van nader Saterdag tydens ’n sterrekyk-piekniek by die Taalmonument.

Die piekniek begin om 17:00, met ’n uurlange praatjie om 19:00 deur dr Ian Glass, sterrekundige en historikus van die Sterrewag in Kaapstad.

Hy sal gesels oor die ontdekkings van die naaste sterre aan die aarde (naas die son), en oor die kleurvolle karakters daaragter.

Besoekers sal van 20:30 tot 23:00 deur teleskope na sterre en ander interessanthede kan kyk onder leiding van lede van OOG (die Orion Observasie Groep), ’n informele sterrekunde-klub van die Boland.

Kaartjies kos R40 en R20 vir kinders. Bespreking by 021-863-2800 is noodsaaklik.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie te bring. Mandjies kan ook vooraf bespreek word by Uit die Bloute, die nuwe restaurant by die Taalmonument, by 021­863-2800 (R170 vir twee persone). Wyn en koeldrank is beskikbaar in die restaurant. Mandjies vir kinders kos R50.

Geen vure of honde word toegelaat nie




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za