Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen keer aan Wellingtonse duo op rubberbote

Geen keer aan Wellingtonse duo op rubberbote
 
2008-12-04


DIE tweede WP streekwedren vir opblaasbote het die naweek plaasgevind in winderige weersomstandighede op die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp.

Spanne van die onderskeie klubs in die Wes-Kaap het teen mekaar gekompeteer om te sien wie ná die naweek met die trofeë huis toe gaan stap.

Platwaterresies is ’n baie gespesialiseerde vorm van dié sport. Die opstelling van die boot, skroefkeuses en verstellings aan die motor kan uiteindelik die groot verskil maak.

Wat egter die byeenkoms anders gemaak het, is die wisselende weersomstandighede wat die spanne laat kopkrap het. Die kopmanne moes hard werk saam met die drywers om die onderskeie bote regop te hou.

In die baanresies het beide klasse sterk kompetisie gehad. In die P750 Standaardklas was Eugene Vorster en Jacobus Taljaardt (Wild Africa Cream), Lohan en Riaan Malan (PSI Seals) en Jacques Matthee en Philip Shenck (PSPG Group) die gunstelinge.

Die span van Wild Africa Cream het die seisoen met ’n barshou begin en was nie van plan om daar te stop nie. Hulle het weer die eerste plekke ingepalm om sodoende maksimum-punte vir die dag te maak.

Die driemalige węreldkampioen, Stefan Lindeque (FTI), het in die P750 klas deelgeneem en word gesien as die gunsteling om weer die Springbokspan se nommer een boot te bestuur. Die span van Wellington, bestaande uit Steyn Basson en Jan Kriel (Bata Industrials/Bell Equipment), het egter ander planne gehad.

’n Titaniese stryd het ontstaan vir die voortou en ten spyte van die wind, het nie een van die twee spanne mekaar ’n duim gegee nie.

Aan die einde van die dag het die span van Wellington die teenstanders op hulle neuse laat kyk deur die eerste plek op te raap.

Die Paarlse span van Blastech, Malcolm Hazelhurst en Ferdie Liebenberg, het in die vyfde plek geëindig.

Sondag het die weer bietjie kalmeer en bote moes opgestel word vir maksimum spoed.

Die langafstandresies het bestaan uit 13 rondes van 10 km elk, dus moes die deelnemers 130 km so vinnig moontlik dek.

Basson en Kriel was weereens eerste met ’n voorsprong van 3 min 35 sekondes oor die span van FTI.

In die P750 standaardklas het Pieter Smith en Quintus Deacon (PSPG Group) die opposisie verwoes deur nie net te wen nie, maar ook 4 m 31 sek uit die volgende boot te ry.

“Ons opstelling van die boot was perfek, die kondisies het ons gepas en hierdie oorwinning was vir ons ’n goeie een,” het Smith gesę. “Dit help baie met ’n span se selfvertroue voor die Trans Agulhas.”

Basson en Kriel was ook baie tevrede: “Ons het die seisoen sover gesukkel met ons bote, maar nou is ons reg. Om vir Stefan en Adri te klop, is spesiaal.

“Ons landspan was soos gewoonlik uitstekend en baie van ons sukses kan aan hulle toegeskryf word. Ook baie dankie aan ons nuwe borge wat vir ons dit moontlik maak om kompeterend te kan jaag.

“Nou moet ons moet fokus op die Trans Agulhas wat voorlę. Dit gaan die jaar ’n baie moeilike een wees wat die weer, teenstanders en seetoestande aanbetref. Ons is besig om hard te oefen vir die byeenkoms.”

Die PSPG Trans Agulhas 2008/09 skop 28 Desember in Plettenbergbaai af en eindig 1 Januarie in die Strand.

Vir meer inligting, besoek www.pspgtransagulhas.co.za




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za