Peoples stel erg teleur
2008-12-04
YOUNG PEOPLES se eerste krieketspan het Saterdag teen Worcester-streek op Robertson met 35 lopies verloor. Peoples was die teiken gestel om 186 lopies aan te teken vir ’n oorwinning, maar het weereens erg teleurgestel met die kolf. Peoples was reeds uitgeboul in die 38ste boulbeurt, vir 150 lopies. Slegs Adiel Cassiem (35, 4x4) en Lorenzo Jacobs (28, 3x4) kon enige noemenswaardige beurte speel. Na ’n goeie begin in die liga, het Peoples nou twee agtereenvolgende nederlae gelei. Vir die tuisspan het Nolan Loff (44, 6x4) goed gekolf en ook vier van Peoples se paaltjies platgetrek. Sondag sal Peoples hulself moet regruk as hulle die sterk span van Vredenburg/Saldanha wil klop. Die wedstryd word op Daljosafat gespeel en begin 10:30. Die tweede span reis na Vredenburg, terwyl die derde span ook weg speel, teen Oostelikes op Kraaifontein.
More
News
|