Paarl breek wendroogte
2008-12-04
DIE tuisspan, Paarl krieketklub, het Saterdag op Parys sy eerste oorwinning in die 45 boulbeurte- kompetisie behaal deur onverwags die sterk span van Vredenburg/Saldanha te klop. Die tuisspan het die besluit om die bewolkte toestande tot voordeel van sy boulers te gebruik en die besoekers van die Weskus ingestuur om eerste te gaan kolf. Goeie beurte deur Quinton Kannemeyer (60, 4x4), Warren Wyngaard (35, 2x4) en Sakkie Faure (49*, 6x4 en 2x6) het bygedra tot die besoekers se 209/8. Rohan Goetham (2/33) en Alfredo Adams (4/20) was die tuisspan se beste boulers. Paarl se openingskolwer, Elreigh Jansen (102, 13x4), en Graham Adams (41, 2x4) het met die tuisspan se kolfbeurt die fondasie gelę vir dié oorwinning. Hulle het ’n vennootskap van 90 lopies om die tweede paaltjie behaal. Veral Jansen se kolfbeurt was waardevol vir sy span aangesien hy die ankerrol vervul het in die tuisspan se kolfbeurt. Onder die besoekers se boulers het Kannemeyer (2/19) uitgestaan. Paarl II (190/8) het op hul beurt met 22 lopies vasgeval teen Vredenburg/Saldanha II (212) op Vredenburg. Die besoekers was op koers vir ’n oorwinning, maar swak hardloopwerk tussen die paaltjies het aan die einde hul poging gekelder. Darryl Hendricks (43, 4x4 en 1x6), Michael Leask (26, 4x4), Carlo Crotz (31, 2x4) en Zandré Cloete (27, 1x4) het lopies aangeteken vir Paarl. Paarl III (184/3) het die naweek vir Mbekweni I (93/8) op Parys met 91 lopies geklop. Vir die tuisspan het Gershwin Philander (31, 3x4), Jandré Small (30, 2x4), Brent Hendricks (58, 10x4) en Sagan Rens (29*, 4x4 en 1x6) lopies aangeteken. A Fuzani was Mbekweni se beste bouler terwyl Sydney Sampson (4/8) en Garron Arendse (2/29) die boulers was wat uitgeblink het vir die Paarliete. Slegs X Ndalano (33, 5x4) het lopies vir die besoekers aangeteken. Saterdag 6 Desember speel Paarl I weg teen die Worcester Streekspan. Die wedstryd begin om 10:30. Paarl III en IV speel Saterdag op Parys teen Northdene en Klapmuts onderskeidelik.
More
News
|