Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is dit die moeite werd?

Is dit die moeite werd?
 
2008-12-04


EK lees in die koerante van die verhogings in skoolfonds.

Ek het nie ’n probleem daarmee nie, maar hoekom moet ek as laerskool-ouer vir swak diens betaalHoekom moet ek meer betaal vir die boelie wat my kind so afknou?

Hoekom moet ek meer betaal vir die opvoeder wat 5c kort om vir hom maniere te gaan koop?

Hoekom moet ek meer betaal vir die kind wat net nooit kan ophou om die hele klas te ontwrig nie?

Hoekom moet ek meer betaal vir ’n hoof wat net oor homself en sy rugby praat en nie sy oë oopmaak, en vir ’n slag iets doen aan die slegte elemente in die skool?

Ek as ouer betaal met ’n glimlag vir ’n gelukkige kind!

Ek as ouer betaal met ’n glimlag vir goeie diens en regverdigheid!

Ek dink ons as ouers moet ons voete begin neersit!

Dis ons almal se hardverdiende geld en daar is net te veel skole wat nie diens lewer nie!

Ontevrede




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za