Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dambeloftes maak skuld

Dambeloftes maak skuld
 
2008-12-11


ONTSTOKE inwoners van die La Motte woongebied buite Franschhoek het hulle messe in vir die beplande ontwikkeling rondom die Bergrivierdam.

Dié beplanning sluit die benutting van die dam se terrein vir ontspanning, sport, toerisme asook landbou- ontwikkeling in.

Die humeure het onlangs behoorlik opgevlam tydens ’n openbare voorlegging, waar die volhoubaarheid van die beplande ontwikkeling rondom die Bergrivierdam in Franschhoek se stadsaal bespreek is.

Ontstoke inwoners meen dat daar te min tyd gegun is om voldoende te reageer.

Beskuldigings word ook gemaak dat daar dadels gekom het van die Trans-Caledon Tunnel Authority (TCTA) se beloftes aan die inwoners van La Motte oor behuising en die opgradering van sportvelde.

Die TCTA sien die klagtes van die individuele inwoners van La Motte and Groendal in ’n baie ernstige lig, sę Nigel Rossouw, hoof van omgewingsake van die TCTA, wat dié projek namens die staat bestuur,

“Die TCTA het die mandaat om die Bergrivier-projek te implimenteer. As deel van die projek is 80 huise vir die geskoolde arbeiders van die projek gebou.

“Ons het ’n ooreenkoms met die Stellenbosch Munisipaliteit dat die huise na afloop van die konstruksie en met geen verdere kostes nie, aan die Munisipaliteit oorhandig sal word.

“Sekere riglyne is neergelę oor hoe dit die plaaslike inwoners sal bevoordeel. Die gemeenskap sal op twee maniere by die ooreenkoms baat.

“Eerstens sou die huise verkieslik aan die plaaslike inwoners verkoop word en verkieslik die gemeenskap van La Motte. Hulle sou die eerste opsie hę om die huise teen ’n verlaagde prys te koop.

“Die inwoners sal ook baat by die opbrengste van ’n behuisingsfonds wat met die verkoop van die eiendomme tot stand gebring gaan word. Die Munisipaliteit sal besluit oor presies hoe die huise verkoop gaan word. “’n Aansoek is by die Departement Publieke Werke ingedien om die grond direk oor te plaas na die Munisipaliteit. Die Minister moet toestemming gee, waarna die huise verkoop kan word. “Ons het nie ’n verdere rol nie, aangesien die Munisipaliteit dit moet verkoop ingevolge die reëls wat neegelę is.

“Gedurende die konstruksiefase het TCTA goedgedink om vir die gemeenskap ’n sportveld te bou en na konstruksie ook aan die Munisipaliteit te oorhandig.

“Terwyl die nuwe sportveld gebou is, het ons ook aan ons kontrakteurs opdrag gegee om die bestaande munisipale rugbyveld op te gradeer.

“Ongelukkig het geen instandhouding op die velde na afloop van die projek plaasgevind nie. Ek kan verstaan dat die gemeenskap baie gefrustreerd is met wat aangaan.

“Van ons kant af sal ons met die Munisipaliteit vergader sodat die kommunikasie tussen hulle en die inwoners verbeter kan word.”

Enige voorstelle en aanbevelings oor die volhoubaarheidsplan, moes aanvanklik op Vrydag 28 November skiftelik by CMdV Africa Planning & Design se kantore ingedien word. Dié verslag is onder leiding van Simon Nicks opgestel.

’n Woordvoerder van CNdV het nou bevestig dat enige aanbevelings oor die voorlopige verslag ingedien kan word tot 31 Januarie.

In die voorlopige verslag word aanbeveel dat lae intensiteit-aktiwiteite, soos ’n boskamp, bergroetes en die oes van inheemse plante op die hoërliggende gebiede sal plaasvind.

Hoë intensiteitsaktiwiteite soos visvang, bergfietsroetes, staproetes en piekniek- areas sal op die laagliggende areas plaasvind. Boerdery-aktiwiteite, wat organies van aard is, sal ’n wye reeks van tradisionele en inheemse plante insluit soos boegoe.

In die verslag word algemeen aanvaar dat die ontspanningsgebied aan die oostekant, naby die damwal, sal wees. Dit sluit restaurante, ’n kafee, winkels en ’n area in waar omgewingsopvoedingsaktiwiteite en klubs hulself kan vestig.

Aktiwiteite op die water gaan beperk word tot lae intensiteit watersport soos seil, kano, roei en hengel. Daar bestaan ook ’n sterk moontlikheid dat ’n 2000m agt-laan Olimpiese roeifasiliteit aangebring gaan word.

’n Eksklusiewe lodge en ’n boskamp word ook in die verslag gemeld as ’n sterk moontlikheid aan die suidekant van die dam.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za