Hayashi-Ha karate se studente word vereer
2008-12-11
PAARL se Hayashi-Ha Karate Styl het stof in die oë geskop van elf ander style tydens die jaareindfunksie van Boland Alle Style-karate. Elf Karateka’s van die Paarl was vereer. Ayron Jonker het die prys ingepalm vir die beste vordering terwyl Brent Jonker aangewys is as die junior sportman van die jaar. Michael Frans is benoem as die beste student en Glendon du Plessis is die beste Kumite-student. Graham Scholtz is aangewys as die beste skeidsregter. John Solomon (derde dan) is aangewys as Hoof afrigter van Boland-karate vir 2009 en sensei Patrick Ross is aangewys as vise-president vir 2009. * Hayashi-Ha het onlangs ook sy sterre vir 2008 vereer. By Wemmershoek Dojo is Marlon Louw aangewys as die beste student. By die Drakenstein School of Karate is Kelsey Francis (beste beginner), Ilse Fortuin (beste vordering), Juren Hoffman (beste student o.12), Michael Frans (sportman van die jaar), Berrealdeane Hoffman (beste junior vrou) en Sheila Panyeka (sportvrou van die jaar), vereer. By Lelienfontein in Wellington het Bianca Jonkers (beste beginner), Cadin Lewis (beste junior) en Shineen October (beste vroue-student) pryse ontvang. By die Paarl School of Karate is Ayron Jonker (beste o.12 seun), Helia Witbooi (beste o.12 dogter), Brent Jonker (beste o.15), Marcello Ross (beste junior), Ettiene Marais (beste senior), Graham Scholtz (beste skeidsregter), Suzette Lewis (beste T/beampte) en John Solomon (sportpersoonlikheid van die jaar), vereer. Spesiale erkenning het ook gegaan aan Chadley Hendricks.
More
News
|