Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Soos dolfyne in die water

Soos dolfyne in die water
 
2008-12-11


DIE Paarl Amateur swemgala was Saterdag met groot sukses aangebied by die Drakenstein swembad in Paarl-Oos.

Plaaslike klubs, Paarl Amateur Swemklub, Paarl Aquarius en The Well van Wellington, het hulself goed van hul taak gekwyt teen sterk kompetisie van swemklubs in die Wes-Kaap.

Alhoewel geen rekords tydens dié byeenkoms gebreek is nie, het die jong swemmers goeie vertonings gelewer in die vuurwarm Paarlse hitte.

In die afdeling dogters 9-10 jaar het Tamaryn-Lin Baxter (Paarl Aquarius) ’n bronsmedalje ingepalm in die 50m rugslag-item en ’n silwer medalje in die 200m IW.

In die dogters 11-12 jaar 50m rugslag het Nina Hess (Paarl Aquarius) goud gewen en Tanya Louw (Paarl Amateur Swemklub) silwer ingeoes. Hess het ook goud gewen in die 200m IW, 400m borsslag en 100m borsslag, silwer in die 50m vlinderslag en brons in die 100m vryslag.

Elaine Edwards het silwer gewen in die dogters 13-14 jaar 50m rugslag (Paarl Amateur) en Ethan Fredericks (Paarl Aquarius) het goud behaal in die seuns o.8 50m rugslag, 100m vryslag, 200m IW, 50m vlinderslag en 100m borsslag.

In die seuns 9-10 jaar 50m rugslag het Zak Burger (Paarl Amateur) ’n silwer medalje gewen, asook goud in die 50m vryslag, terwyl Stephen Fredericks (Paarl Aquarius) silwer gewen het in die seuns 11-12 jaar 50m rugslag. Stephen het ook ’n bronsmedalje verower in die 200m IW en brons in die 400m vryslag. In die dogters 13-14 jaar 100m vryslag het Lisa Kirsten (The Well Aquatics) silwer gewen.

Darren Minnies (Paarl Aquarius) en Juan Hayman (Paarl Amateur) het onderskeidelik goud en silwer behaal in die seuns 9-10 jaar 100m vryslag-item. Darren het ook goud behaal in die 200m IW en brons in die 50m vlinderslag.

Marco-Jean Blom (Paarl Amateur) het goud verwerf in die seuns 11-12 jaar 100m vryslag, asook brons in die 100m borsslag.

In die seuns15 jaar en ouer 100m vryslag- item, het Wouter Hugo en Christiaan Stander (beide Paarl Amateur) onderskeidelik goud en brons ingepalm. Christiaan het ook goud behaal in die 100m borsslag, asook brons in die 200m IW, terwyl Wouter goud behaal het in die 50m vlinderslag.

Paarl Amateur Swemklub se seuns o.11 jaar aflosspan (Zak Burger, Bernard Swart, Diaan Huskisson en Juan Hayman) het silwer verwerf terwyl Paarl Amateur Swemklub se dogters o.15 jaar aflosspan (Tia Redelinghuys, Katy Gouws, Zinta-Mariè Koekemoer en Tanya Louw) brons verwerf het in die 200m vryslag-aflos.

Paarl Amateur Swemklub se seuns o.15 Vryslag-aflosspan (Nicolai Basson, Juan Hayman, Kai Cilliers en Marco-Jean Blom) het ’n brons medalje gewen.

In die dogters 13-14 jaar 400m vryslag het Katy Gouws (Paarl Amateur) goud, en Tricia Apollis (Paarl Aquarius) silwer, gewen.

Nicholas de Villiers (Paarl Amateur) en Bryce Cupido (Paarl Aquarius) het onderskeidelik goud en silwer behaal in die seuns 15 jaar en ouer 400m vryslag. Nicholas het ook silwer behaal in die 100m borsslag.

Emma Howes (Paarl Amateur) het ’n silwermedalje gewen in die dogters 11-12 100m borsslag.

In die dogters 13-14 jaar 100m borsslag het Anniec Marais (Paarl Amateur), Tricia Apollis (Paarl Aquarius) en Tia Redelinghuys (Paarl Amateur) onderskeidelik goud, silwer en brons medaljes verwerf.

Bernard Swart (Paarl Amateur) het goud gewen in die seuns 9-10 jaar 100m borsslag.

Paarl Amateur Swemklub het silwer medaljes behaal in beide die seuns o.11 200m wisselslag-aflos (Diaan Huskisson, Bernard Swart, Zak Burger en Juan Hayman) en dogters o.15 200m wisselslag-aflos (Elaine Edwards, Anniec Marais, Katy Gous en Tanya Louw), met Paarl Aquarius wat brons gewen het in die dogters o.15 200m wisselslag-aflos.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za