Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sterre skitter op Paarlberg

Sterre skitter op Paarlberg
 
2008-12-11


VAN Suid-Afrika se top kunstenaars is môre­aand in aksie tydens die Oppieberg skouspel by die Paarl amfiteater.

Theuns Jordaan, Kurt Darren, Robbie Wessels en die à capella sensasie Navi Redd span saam tydens hierdie gesamentlike vertoning wat beloof om konsertgangers in ’n vakansiestemming te bring.

Die kunstenaars beloof om die gehoor op hulle voete te hê met ’n keurspel van hulle gewildste treffers en topverkopers.

Theuns Jordaan se emosievolle bas-stem sal gehore bekoor met treffers van sy trippelplatinum CD Bring jou Hart sowel as vorige uitreikings soos Tjailatyd, Seisoen en Vreemde Stad.

Die immergewilde Robbie Wessels laat Afrikaans koning kraai met uittreksels uit sy My Vissermansvriend se Pa en Halley se komeet, terwyl hartebreker Kurt Darren liedjies van sy pas vrygestelde Uit die Diepte van my Hart en Voorwaarts Mars sowel as ou bekende gunstelinge en oorspronklike nuutskeppinge.

* Saterdag word die amfiteater omtower met die glans van silwerdoektreffers tydens die musikale extravaganza Tydloos III - “The Magic of the Movies”.

Sterre soos Jannie Moolman, Kevin Leo, Rina Hugo, André Schwartz, Arina de Witt en The Voices beloof om konsertgangers mee te voer op ’n nostalgiese reis met temaliedjies uit trefferflieks soos An Officer and a Gentleman, Titanic, Student Prince, Evita, Dr Zhivago, Ghost en vele meer.

Meer as 20 ton toerusting word geïnstalleer om klank, beligting, verhoog en dekor van uitsonderlike tegniese gehalte te verseker.

Spesiale aandag is ook geskenk aan die veiligheid van besoekers en sigbare sekuriteitmaatreëls sal streng toegepas word.

Plaaslike produsente verskaf verversings by ’n verskeidenheid kos- en wynstalletjies.

Die hekke maak reeds om 17:00 oop om besoekers die geleentheid te bied om ’n asembenemende sonsondergang vanaf hierdie ikoniese Paarlse baken te beleef.

Aangesien daar ’n wye verskeidenheid verversings beskikbaar is, mag geen piekniekmandjies of ander verversings van buite ingebring word nie.

Kaartjiepryse wissel tussen R100 tot R150 per persoon.

Kaartjiebesprekings aanlyn by www.cultivaria.com of telefonies by 021-872-9754




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za