Wellington Krieketklub klop sy buurman
2008-12-11
OP ’n vuurwarm dag soos net die Boland kan bied, het Wellington Krieketklub die hitte oorkom om ’n oorwinning van vier paaltjies te behaal op hul opponente, Bergrivier Krieketklub, se tuisveld. Bergrivier het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Met goeie dissipline en geduld deur Wellington, het die besoekers daarin geslaag om vir Bergrivier uit te haal vir slegs 144 lopies. Vir Wellington was Johan du Plessis in ’n vernietigende bui met 4/31. Du Plessis het ook sy bydrae gelewer met die kolf. Ander boulers wat uitgeblink het aan die kant van Wellington, was Warren Groeneveld (2/20 en Marnus Hugo (2/24). Vir Bergrivier kon slegs Ryan Mouton (43, 3x6 3n 3x4) teenstand met die kolf bied. Wellington het die lopies gejaag, en met Warren Groeneveld (38, 4x4) aan die spits, het die wenspan die nodige lopies (145) behaal vir die verlies van 6 paaltjies. Du Plessis het 25 lopies (1x6 en 3x4) aangeteken. Mouton het ook ’n goeie dag met die bal beleef deur 2 paaltjies vir 20 lopies te behaal. Eerskomende Saterdag speel Wellington teen Young Peoples op Wellington.
More
News
|