Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl verniel streekspan

Paarl verniel streekspan
 
2008-12-11


DIE besoekers, Paarl Krieketklub, het Saterdag die loot gewen teen die Worcester Streekspan en besluit om eerste te kolf op ’n blad wat net reg was om die beste uit die draaiboulers te haal.

Danksy puik bydraes deur Elreigh Jansen (45, 5x4), Robin Andrews (50, 4x4 en 1x6), Lee-Roy Walters (65, 9x4 en 1x6) en Hein Adonis (38, 2x4), het die Paarliete uiteindelik 284 lopies aangeteken vir die verlies van agt paaltjies.

Die basis vir Paarl se reuse-telling is egter gelę deur vennootskappe tussen Jansen en Andrews (89 lopies in 14 beurte om die eerste paaltjie), Walters en Adonis (68 lopies in 7,1 beurte om die sewende paaltjie) en Adonis en Clint Philander (42 lopies in 6 beurte om die agtste paaltjie).

Vir die streekspan het die jong draaier Jean Gregg (3/43 in 9 beurte), Quinton Davids (2/40 in 6 beurte) en Kerwin Fortuin (2/71 in 8 beurte) die paaltjies laat kantel.

Worcester se André Africa (33, 5x4), Monray Langdon (23, 4x4) en Faghrie Jacobs (35*, 5x4; 1x6) het moedig probeer om die onmoontlike teiken te behaal, maar uiteindelik het Paarl se draaiers hul opponente ore aangesit.

Die draaiboulers, Godfrey Stevens (5/25 in 9 beurte) en Alfredo Adams (3/23 in 9 beurte), het die sterte van die tuisspan se kolwers behoorlik geknoop en Worcester se kolwers kon uiteindelik slegs 111 lopies in 34 beurte aanteken. Paarl het dus ’n oorwinning van 173 lopies behaal.

In ander wedstryde wat die naweek sou plaasvind het Northdene II en Klapmuts I hul wedstryde prysgegee teen Paarl III en Paarl IV.

Saterdag, 13 Desember, speel Paarl III tuis op die Parys-velde teen Paarl-Oos III terwyl Paarl IV ook tuis speel teen Franschhoek I.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za