EK wil as inwoner van die Medium A Gevangenis by Drakenstein Korrektiewe Dienste beswaar maak teen die gedrag van bewaarders wat ons onlangs aangerand het.
Hierdie bewaarders is van ander tronke ingevoer om ná ure ’n deursoeking van die selle te doen.
In die proses is gevangenes aangerand en ’n hele paar moes ná die tyd in die hospitaal behandel word - een van hulle vir ’n gebreekte arm.
Moslem-gevangenes is in die bidkamer van hul bidmatte afgeskop. Was dit nou nodig?
Tronkvoël