Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiekkonsert moes skuif weens reën

Musiekkonsert moes skuif weens reën
 
2008-12-11


GRAAG wil ons, die personeel van die Frank Pietersen Musieksentrum, ’n groot dankie sê aan die leerders en ouers maar ook aan die breë publiek vir die wonderlike ondersteuning wat ons gekry het gedurende 2008.

Veral wil ons graag dankie sê aan almal wat ons “Carols by Candlelight” so fantasties ondersteun het. Die potjiekos en braai was werklik goed ondersteun en ons sê ook baie dankie aan al die gewillige hande wat gehelp het.

Die aand het goed verloop, maar die gehoor sal moet saamstem dat ons dringend ’n groter saal benodig. Toe die weer so vinnig swaai en die druppels al amper val, moes ons maar gou padgee.

Die konsertgangers het wonderlik gehelp om hulle stoele na die saal toe te dra. Die saal was stampvol en baie mense moes in die gange staan en buite op die stoep. Ons sê dus baie dankie vir almal se geduld.

’n Baie groot dankie gaan aan al die leerders en onderwysers wat baie hard gewerk het om ’n konsert van uitmuntende gehalte op die been te bring. Ons is trots op ons wonderlike kore, ensembles en orkeste.

Een hoogtepunt was beslis die kinderkoor se uitstekende uitvoering van “Joy to the World” en “Stil, Stil” saam met die Senior Strykensemble.

Ons was ook baie trots op ons junior orkes waar ons jong strykers (die jongstes in graad 2) en ons jong blasers opgetree het.

Die ander hoogtepunt was die afsluiting van die aand met die Jeugorkes saam met die Jeug en Volwassekore asook ons eie soliste.

Dankie vir die twee staan­de ovasies. Ons wens aan al ons ouers, leerders en die Drakenstein gemeenskap ’n geseënde Kersfees en voorspoedige 2009.

Prinsipaal en personeel




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za