Andries 'n man van daad
2008-12-11
May Saal
DIE Rural Development Network (Rudnet) het verlede week vir Andries van der Westhuizen, van die plaas Plaisir de Merle in Simondium, aangewys as die naaswenner by die plaaswerker van die jaar toekennings. Die algehele wenner was Lenie Kamfer van Dysselsdorp, by Oudtshoorn. Van der Westhuizen is ’n toesighouer by Plaisir de Merle en is al 22 jaar werksaam op die plaas. Volgens die organiseerder van die Rudnet toekennings, Celeste Carolus, is Van der Westhuizen ’n leiersfiguur op die plaas en mense kyk op na hom. “Hy doen nie net dinge om homself te bemagtig nie, maar ook om die ander werkers te bemagtig en die lewenskwaliteit van werkers te verbeter. “Alhoewel hy ’n man is van min woorde, staan hy uit as hy praat en mense respekteer hom en luister wat hy sê,” sé Carolus. Van der Westhuizen is betrokke by heelwat organisasies. Hy is die voorsitter van die rugbyklub, voorsitter van die visprojek, dien op die bestuur van die sportforum van die skool, is betrokke by die gesondheidsforum in omgewing en is lid van die aksiekomitee op die plaas. Hy het opleiding gekry in dissiplinêre prosedures, wingerdmonitering, wingerdsnoei, brandbestryding, noodhulp, basiese beginsels van toesighouding, leierskursus, geldsake, Fetale Alkoholsindroom, MIV/Vigs, entrepreneurskap, vissiektes, en bemarking.
More
News
|