EK wil my misnoeë uitspreek as kliënt van Pick n Pay Wellington en aan die bestuur vra hoekom moet ons as kliënte wat hulle so goed ondersteun, betaal om gebruik te maak van die private advertensiebord? Kan Pick n Pay dan nie hulle eie bord verskaf soos ander winkels nie?
G le Roux
Leon Kotze, mede-eienaar van Pick n Pay Wellington, reageer:
Daar is tans gratis vertoonplek aan die agterkant van die bord beskikbaar. Slegs aan die voorkant word betaling vereis. Die winkel word in Februarie opgradeer, waarna bykomende borde vir gratis advertensies aangebring sal word. Kontak my gerus vir verdere navrae.